
Die vermeende afspraakmoordenaars staan nou tereg op 23 aanklagte – 10
meer as die aanvanklike 13 aanklagte.
Die 31-jarige Zak Valentine, 35-jarige Cecilia Steyn, 50-jarige Marinda Steyn en haar kinders, Le Roux (21) en Marcel (18), het weer gister in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.
Onder die aanklagte is sewe van moord, vyf van roof met verswarende omstandighede en vier van bedrog, asook georganiseerde misdaad en regsverydeling.
Die vyf beskuldigdes en ‘n mede-beskuldigde, John Barnard (40), het na bewering sewe mense in Krugersdorp, Randfontein, Bethlehem en Petrus Steyn vermoor.
The post 23 AANKLAGTE TEEN DIE 5 AFSPRAAKMOORDENAARS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.