
Die Valke het ’n hoëvlak-taakspan aangestel om beweerde korrupsie by munisipaliteite in die Oos-Kaap te ondersoek.
Die hoof van die Valke, luitenant-generaal Berning Ntlemeza, sê dit sal bestaan uit ’n ondersoekspan van die Valke, aanklaers van die Nasionale Vervolgingsgesag en lede van die Batebeslagleggingseenheid.
Hy sê taakspanne gaan ook in ander provinsies op die been gebring word om korrupsie by munisipaliteite te ondersoek.
The post TAAKSPAN OM KORRUPSIE TE ONDERSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.