
Volgens berigte reën dit oor groot dele van die land, terwyl die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het dat swaar reën oorstromings in sommige gebiede kan veroorsaak.
Dit sluit in die sentrale en suidelike dele van Gauteng, die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal, die suidwestelike dele van Mpumalanga en Limpopo, die noordoostelike dele van die Vrystaat, die Overberg in die Wes-Kaap en die kusgebiede wes van Kaap St. Francis in die Oos-Kaap.
In Gauteng veroorsaak digte mis ook plek-plek verkeersprobleme met verskeie botsings wat vroeër vanoggend in die reënweer voorgekom het.
In Florida aan die Wes-Rand het 40 millimeter reën al sedert gisteraand uitgesak en uit Bellville in die Wes-Kaap word berig dat 50 millimeter reën vanoggend binne ‘n uur geval het.
Nog berigte van goeie reën is ook ontvang van Hartenbos, George, Mosselbaai, Gansbaai en Swellendam.
The post REëN OOR GROOT DELE VAN SA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.