
Die Parlement se regsadviseurs sal na verwagting vanoggend aandui of die
voorlopige verslag oor die SAUK na betrokke partye gestuur kan word sonder die voorgestelde aanbevelings.
Dit volg na ‘n hewige debat gister tussen die DA en die ANC in die ad hoc-komitee na ‘n voorstel van die ANC se Julie Killian dat die voorgestelde aanbevelings teruggehou moet word totdat terugvoering ontvang is van die betrokke partye.
Die voorsitter van die komitee, Vincent Smith, het besluit om die regspan te vra om vanoggend die komitee oor sy regsposisie in te lig voordat ‘n besluit geneem word.
Die EFF, IVP en NVP in die ad hoc komitee deel die DA se mening dat
aanbevelings gefinaliseer moet word en in die voorlopige verslag ingesluit word wat na die betrokke partye vir terugvoering gestuur word.
Die EFF-lid in die komitee, Fana Mokoena, sê die proses moet nie in gevaar gestel word deur skielike koersverandering nie.
Mokoena stel voor dat die aanbevelings afgehandel en uitgestuur word met die verduideliking dat die aanbevelings nie finaal is nie.
The post DEBAT TUSSEN DA, ANC OOR SAUK-VERSLAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.