![EFF WIL MUNISIPALITEIT IN VS OORNEEM](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/EFFLogo1-17-150x150.png)
Die EFF-leier, Julius Malema sê sy party is gereed om beheer oor te neem oor
die Metsimaholo-munisipaliteit in die Vrystaat.
Die EFF het die media toegespreek ná die party se beplanningsvergadering die afgelope naweek.
Die EFF sê hulle gaan in die munisipale distrik se tussenverkiesings staan en het die DA gevra om hulle te steun.
Die DA en die EFF het ná verlede jaar se munisipale verkiesing beheer oor verskeie metro’s oorgeneem.
Malema sê hulle wil wegdoen met die ANC se houvas op die staatskas, omdat die regerende party roekeloos met geld werk.
The post EFF WIL MUNISIPALITEIT IN VS OORNEEM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.