Die Katsedam in Lesotho sal vir eers nie meer water aan Vrystaatse dorpe en stede verskaf nie.
Die Vrystaatse hoof van die departement van waterwese en sanitasie, dr. Tseliso Ntili, sê waterbeperkings is steeds in die provinsie van krag en water uit die Katsedam sal as reddingsboei gebruik moet word indien droogtetoestande vererger.
In Qwaqwa, Brandfort, Winburg en Theunissen heers nog groot watertekorte.
Senekal is tans van boorgatwater afhanklik, terwyl Kroonstad steeds ‘n waterkrisis ondervind al het die onlangse reën verligting gebring.
Volgens Ntili is daar ‘n effense verbetering in watertoestande in die Mangaung metro, Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus.
The post Katsedam sal nie meer water aan VS verskaf nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.