![MAN VAS NA HY GLO GESTEELDE BEESTE OP VEILING VERKOOP](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-29-150x150.png)
‘n Vermeende veedief is in hegtenis geneem nadat hy na bewering 46 gesteelde beeste vir meer as R200 000 op ‘n veiling op Vryburg in Noordwes verkoop het.
Die beeste is na bewering in die Mareetsane-nedersetting naby Mahikeng gesteel.
Intussen ondersoek die polisie van Zeerust ‘n saak van veediefstal nadat boere wat na hul vermiste beeste gesoek het, op ‘n kraal in ‘n digbeboste gebied naby Phela afgekom het.
Volgens die polisie is meer as 70 gesteelde beeste daar aangehou.
Drie mans wat daar wag gehou het, het ontsnap voordat die polisie daar aangekom het.
The post MAN VAS NA HY GLO GESTEELDE BEESTE OP VEILING VERKOOP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.