![GUPTAS GAAN DOKUMENTE INDIEN](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-12-150x150.png)
Die Gupta-familie gaan na verwagting vandag hul dokumente by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria indien vir die hofaansoek van die minister van Finansies, Pravin Gordhan, verlede jaar wat verband hou met die sluiting van die Gupta-maatskappy Oakbay Investments se bankrekeninge deur vier groot banke.
Die Guptas se prokureur, Gert van der Merwe, het aan Fin24 bevestig dat hy van plan is om hul beëdigde verklaring vandag in te dien.
Hy het voorheen aan eNCA gesê die Guptas beplan om in die hofstukke bekend te maak hoe hulle die slagoffers van ’n smeerveldtog gemaak is.
The post GUPTAS GAAN DOKUMENTE INDIEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.