!["AMERIKA SAL WEER DIE LAND WEES WAT DIT WAS" - TRUMP](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-11-150x150.png)
Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, het onderneem om
Amerika te verenig en sê baie gaan in dié land gedoen word wat vir baie dekades nie in Amerika gebeur het nie.
Trump het op die vooraand van sy inhuldiging later vandag verskeie geleenthede in Washington bygewoon.
Hy het ná afloop van dié tradisionele gebruik om talle geleenthede op die vooraand van die inhuldiging by te woon, Amerikaners op Twitter bedank vir ‘n spesiale dag en aand en gesê saam sal Amerika weer die land wees wat dit was.
Die 70-jarige Trump sal Amerika se 45ste president wees.
The post “AMERIKA SAL WEER DIE LAND WEES WAT DIT WAS” – TRUMP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.