![SUID-AFRIKANERS NIE VERHOED OM NA GAMBIë TE REIS NIE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-10-150x150.png)
Die minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, sê die regering sal nie Suid-Afrikaners verhoed om na Gambië te reis nie, ondanks die gespanne situasie in die land.
Mashabane sê lidlande van die streeksorganisasie Ecowas, is in beheer van die kwessie.
Sy het tydens ‘n besoek aan ‘n skool in die Oos-Vrystaat gesê Suid-Afrika is nie ‘n voorstander van reisbeperkings nie, maar wel van vrede en onderhandelings, en steun ook die inisiatiewe van Ecowas.
Adama Barrow is laat gistermiddag by die Gambiese ambassade in Senegal as Gambië se nuwe president ingehuldig.
Intussen het soldate van talle lande in Wes-Afrika het hulle militêre operasie in Gambië gestaak, sodat streeksleiers ‘n laaste poging kan aanwend om Yahia
Jammeh te oorreed om die mag te oorhandig.
Dit volg nadat Adama Barrow gistermiddag in Gambië se ambassade in Senegal as president ingehuldig is.
Jammeh betwis die uitslag van Desember se verkiesing en weier om sy amp neer te lê.
Soldate het kort ná Barrow se inhuldiging laat gistermiddag uit verskeie rigtings Gambiese grondgebied betree.
Hulle is egter intussen aangesê om dié militêre optrede te staak sodat daar opnuut probeer kan word om Yammeh te oorreed om die mag vreedsaam te oorhandig.
The post SUID-AFRIKANERS NIE VERHOED OM NA GAMBIë TE REIS NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.