
President Jacob Zuma het ANC-leiers veroordeel wat volgens hom ‘n obsessie
met poste het.
Zuma het tydens die ANC se 105de verjaardagvieringe op Stanger, noord van Durban, gepraat.
Hy sê leierskapuitsprake voor die venstertydperk is onaanvaarbaar.
Zuma het verlede week self gesê die ANC se adjunkpresident hoef nie noodwendig die president op te volg nie en dat die tyd dalk reg is vir ‘n vrou om die pos te beklee.
Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma word as voorlopers in die wedloop Desember tot die ANC-presidentskap beskou.
Zuma sê ANC-leiers moet verenig en nie mense se aandag aftrek nie.
The post ZUMA VEROORDEEL ANC-LEIERS SE “OBSESSIE” MET POSTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.