
Die DA in die Wes-Kaap het klagtes teen ANC-lede gelê wat na bewering ‘n
DA-kandidaat op Uniondale aangerand het.
‘n Tussenverkiesing vind binnekort in die gebied plaas.
‘n Veldtogbestuurder, Tertius Simmers, sê Marcelle Kleynhans is aangerand terwyl hy die Uniondale-polisiestasie binnegegaan het om ‘n klag teen die ANC te lê omdat die party na bewering vals inligting aan inwoners deurgegee het.
Hy sê ANC-ondersteuners het ook ‘n ander DA-kandidaat by haar huis aangerand.
The post DA-KANDIDAAT GLO AANGERAND DEUR ANC-LEDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.