
‘n Toergids is dood toe krokodille hom op ‘n plaas in die Paarl, in die Boland,
aangeval het.
Die voorval het by die Le Bonheur-krokodilplaas plaasgevind.
‘n Woordvoerder van die polisie, FC van Wyk, sê die liggaam van die 54-jarige man is in ‘n krokodildam gevind.
Toere na die krokodilplaas is afgestel.
Die plaaseienaars sê daar is meer as 1000 krokodille in so ‘n dam.
Die plaas bied onder andere geleenthede vir mense om in hokke te duik in damme vol krokodille.
The post TOERGIDS DOOD NA AANVAL DEUR KROKODILLE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.