
Twee mans is in hegtenis geneem nadat ‘n polisiebeampte van Noordwes, die
42-jarige konstabel Sello Sebati, sy vrou en twee van hul kinders in op 6 Desember in hul huis in Makau doodgeskiet is.
Die polisie se brigadier Sabata Mokgwabone sê die verdagtes is Vrydag buite Brits gearresteer en hul sal binnekort in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisroof, poging tot moord en motordiefstal.
Die aanvallers het ná die moorde met die gesin se Chrysler Voyager-voertuig gevlug.
The post 2 VAS VIR DIE MOORD OP POLISIEMAN EN GESIN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.