
Die woordvoerder van president Jacob Zuma, Bongani Ngqulunga, sê daar is
niks ongewoon aan die president se afwesigheid by die jaarlikse beraad van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, nie.
Hy het aan Netwerk24 gesê staatshoofde nie verplig word om die beraad by te woon nie, en baie stuur hul adjunkte of selfs net ministers.
Ngqulunga het gereageer ná berigte dat Zuma Vrydag op die nippertjie besluit het om nie na Davos te gaan nie veral toe dit duidelik geword het dat die voorsitter van AngloGold Ashanti, Sipho Pityana – wat verlede jaar ’n veldtog onder ANC-veterane begin het om Zuma uit sy amp te verwyder – deel van die Suid-Afrikaanse afvaardiging sou wees.
The post WEF: “NIKS ONGEWOON AAN ZUMA SE AFWESIGHEID” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.