
Die ses munisipaliteite in die Vrystaat waar Eskom gedreig het om van
vandag af die kragtoevoer weens uitstaande skuld af te sny, het die naweek skikkings met die kragvoorsiener bereik.
Netwerk24 berig die LUR vir finansies in die Vrystaat, Elzabe Rockman, het bevestig daar word gewag op finale konsultasies tussen Eskom en hul streekkantore.
Die munisipaliteite van Moqhaka (Kroonstad), Mantsopa (Ladybrand), Nketoana (Reitz) en Tokologo (Boshof) was Saterdagmiddag nie meer op die lys van kragonderbrekings nie, omdat hulle aan al Eskom se vereistes voldoen het.
Tog was Nala (Bothaville, Kgotsong, Wesselsbron) en Dihlabeng (Bethlehem, Fouriesburg, Rosendal, Paul Roux, Fateng-Tse-Ntsho, Panorama, Groenvoerlande) wel op die rooi lys voordat ooreenkomste met die kragvoorsiener bereik is.
Die DA in die Vrystaat gaan intussen vandag ’n noodvergadering in
Bloemfontein hou oor die kragkrisis.
Die amptelike opposisie-party gaan vandag vra dat die regering dringend ingryp om te keer dat Eskom dorpe se krag begin afsny.
Die party se provinsiale leier, Patricia Kopane, sê die minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal versoek word om dringend tussenbeide te tree om ’n ramp in die Vrystaat en ander provinsies te verhoed.
The post 6 VS MUNISIPALITEITE HOU OOREENKOMS MET ESKOM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.