
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ‘n nat naweek vir groot dele van die
land behalwe die Noord-, Wes- en Oos-Kaap.
Wydverspreide reën word oor die suidoostelike binneland verwag en daar is ‘n 60% kans vir reën oor dele van Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat.
Goeie reën het die afgelope twee aande in dele van Gauteng uitgesak en in Florida aan die Wes-Rand is 51 millimeter gemeet.
Intussen word berig dat die Grootdraaidam naby Standerton in Mplumalanga
oorloop en dat van die sluise vanoggend oopgedraai is ná swaar reën in die omgewing gisteraand.
Die brand- en ramphoof van die Lekwa-munisipaliteit, John Kok, het ‘n beroep op oewerbewoners onderkant die dam gedoen om die nodige voorsorg te tref.
The post NAT NAWEEK WORD VOORSPEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.