
Die O.R. Tambo-distrik in die Oos-Kaap is tot rampgebied verklaar nadat
meer as R215 miljoen se skade aangerig is tydens storms en ‘n sterk wind op 2 Januarie.
Die distriksmunisipaliteit het gister in ‘n verklaring gesê duisende mense, waaronder meer as 850 gesinne, is haweloos gelaat.
Eskom-infrastruktuur is ook beskadig en dit raak die kragtoevoer na nagenoeg 60 000 verbruikers.
Altesame 15 skole is ook beskadig en die herstelwerk sal nagenoeg R12 miljoen kos.
The post O.R. TAMBO-DISTRIK TOT RAMPGEBIED VERKLAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.