Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

RASSISTIESE UITSTALLING IN KUNSMUSEUM SKOK (TAALGEBRUIK)

$
0
0

ʼn Uitstalling in die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad wat slegs bestaan uit die kwetsende woorde ‘F**k White People’ is onverantwoordelik en die VF Plus doen ʼn beroep op die museum om dit sonder meer te verwyder, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald het lede van die publiek hom genader oor die uitstalling, en hy het ook bewus geword van groot ontevredenheid wat op die sosiale media daaroor uitgespreek word.

Dr. Groenewald sê in tye waar rasseverhoudinge in Suid-Afrika uiters sensitief is en waar mense wat hulle aan rassistiese uitsprake skuldig maak selfs swaar deur howe gestraf word, is die uitstalling kortsigtig en word dit deur baie mense as beledigend ervaar.

“Die museum het ʼn groot verantwoordelikheid om veral in die huidige klimaat in Suid-Afrika met groter omsigtigheid op te tree en om vryheid van spraak en die uitdrukking daarvan in enige vorm sterk op te weeg teen die skade wat dit mag aanrig wat menseverhoudinge in die land aanbetref.

Die kunstenaar Dean Hutton se veruideliking van die kunswerk

“Uit die kunstenaar, Dean Hutton, se eie vertelling by die kunswerk, beskryf hy wittes sonder uitsondering as rassiste.

“In die museum is verskeie items wat die tydperk van apartheid polisie-geweld uitbeeld. Die uitstalling van Hutton is ook baie prominent in die hoof-ingangsaal geplaas.

“Die verantwoordelike beamptes van die museum sal moet antwoord of hulle ʼn uitstalling met ʼn omgekeerde rasse-boodskap sal plaas, of selfs ʼn uitstalling wat die brutaliteit van langer as twee dekades se plaasmoorde uitbeeld.

“Die VF Plus se mening is dat die betrokke uitstalling nie in die land se nasionale Kunsmuseum tuishoort nie. Dit gee aanstoot en veroorsaak wrywing en behoort onmiddellik verwyder te word,” sê dr. Groenewald.

The post RASSISTIESE UITSTALLING IN KUNSMUSEUM SKOK (TAALGEBRUIK) appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!