
Absa het ‘n verslag van die nuwe Openbare Beskermer, advokaat Busiswe Mkhwebane, oor hulp wat hy na bewering op onbehoorlike wyse in die apartheidsjare van die Reserwebank gekry het, gekritiseer en sê dit bevat talle feitefoute.
Volgens die Mail & Guardian sal die bank waarskynlik gedwing word om R2,25 miljard terug te betaal vir ’n beweerde onwettige hulppakket wat hy ontvang het.
Die OB het die bevinding in ’n voorlopige verslag bekend gemaak en ook voorgestel dat president Jacob Zuma ’n kommissie van ondersoek aanstel oor staatsplundering wat in die apartheidsera plaasgevind het.
Absa sê intussen die OB is reeds ingelig dat die bank nog voorleggings gaan maak en verskeie feitefoute en wetlike onakkuraathede in die verslag gaan regstel.
Die sperdatum vir verdere voorleggings is 28 Februarie.
Absa sê dit is jammer dat die verslag uitgelek is voor verdere voorleggings en voordat dit gefinaliseer is, omdat dit ’n verkeerde indruk skep dat die bank die begunstigde was van onbehoorlike hulp van die Reserwebank.
The post “OB SE VERSLAG BEVAT TALLE FEITEFOUTE” – ABSA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.