Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

5 000 STUDENTE KORT NOG STUDIEFONDSE

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus 5 000 STUDENTE KORT NOG STUDIEFONDSE

Die vakbond Solidariteit het vandag sy ‘Steun ʼn Student’-veldtog bekend gemaak. Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum is in 2017 oorval met ʼn rekordgetal aansoeke vir studiehulp, in so ʼn mate dat tot 5 000 voornemende studente nie met befondsing vir vanjaar se studies gehelp kon word nie.

Hierdie uitdaging het ontstaan ten spyte van die feit dat die studiefonds ’n rekordgetal van 1 500 studente in 2017 met studies gaan help.

“Dit is nie altyd moontlik vir studente om lenings aan te gaan nie en die staat se befondsing is ook nie vir hulle beskore nie.”

Die totale bedrag van R40 miljoen is die grootste bedrag wat hierdie studiefonds tot nog toe uitbetaal het. Duisende oproepe van voornemende studente stroom sedert 3 Januarie onophoudelik in. Die nood is groot en die behoefte nog groter.

Daar word rekord gehou van hierdie jongmense se name en ons wil poog om hulle op ’n individuele grondslag behulpsaam te wees.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê alhoewel sommige voornemende studente hulself op tersiêre vlak kan bekwaam, het hulle nie toegang tot die nodige fondse nie.

“Dit is nie altyd moontlik vir studente om lenings aan te gaan nie en die staat se befondsing is ook nie vir hulle beskore nie,” verduidelik Hermann.

Solidariteit wil hierdie 5 000 studente ook met studiefondse help en doen ʼn beroep op die publiek om ook betrokke te raak en ʼn verskil in hierdie jongmense se lewens te maak.

“Word vandag deel van die Boufonds en skenk maandeliks ʼn bedrag wat aan die Studiefonds wat aangewend sal word om ʼn student te ondersteun,” sê Hermann

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum (voorheen bekend as die Afrikaanse Beursinstituut) is in 2003 gestig om die behoefte van Solidariteit-lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding te help bevredig. Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks miljoene rande om verdienstelike studente, wat andersins nie sou kon studeer nie, te help.

SMS “Studeer” na 34802 of besoek www.solidariteit.co.za

The post 5 000 STUDENTE KORT NOG STUDIEFONDSE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!