Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“DA MISLEI MET DROOGTEHULP-KORRUPSIE”

$
0
0

Die departement van Landbou in die Vrystaat sê ondersoek word wel ingestel na bewerings van korrupsie met droogtehulp.

Die LUR vir landbou, Oupa Khoabane sê droogtehulp-koördineringsagente is net op 10% van projekte se administrasiekoste geregtig. Khoabane het gereageer op ‘n versoek deur die Demokratiese Alliansie aan die Openbare Beskermer van bewerings dat dié agente tot 30 persent van die droogtehulpfondse eis.

Die DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, het vroeër die week gesê geld en veevoer vir boere het in die sakke van invloedryke persone beland.

Koabane het aan Netwerk24 gesê die departement het ‘n ooreenkoms met boere en agente gesluit om agente verantwoordbaar te hou wanneer boere probleme het. ‘

‘n Woordvoerder vr die departement, Zimasa Mbewu, sê die DA mislei die publiek met vals inligting, maar die bewerings word nietemin ondersoek.

Jankielsohn sê die doel van die aangestelde agente is bloot om kontrakverskaffers te betaal wat op hulle beurt die voer moet aflewer.

“Hulle word basies betaal om ‘n paar oproepe te maak.”

 

 

The post “DA MISLEI MET DROOGTEHULP-KORRUPSIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!