![VROU SE EIS VIR ARBITRASIE VERWYS](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_1-46-150x150.jpg)
Die saak van ‘n Kaapstadse vrou wat beweer dat haar werkgewer haar
MIV-status sonder haar toestemming aan haar kollegas bekendgemaak het, is vir arbitrasie verwys.
Die aangeleentheid is gistermiddag deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aangehoor.
Die 36-jarige vrou werk as skoonmaker by die Groote Schuur-hospitaal.
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sê hulle het die korrekte prosedure gevolg in die hantering van haar klagte.
Haar werkgewer het na bewering vir haar ‘n finale skriftelike waarskuwing gegee na aanleiding van ‘n interne dissiplinêre ondersoek.
Die vrou eis geldelike vergoeding en ‘n openbare verskoning.
The post VROU SE EIS VIR ARBITRASIE VERWYS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.