![STUDENTE WOEDEND OOR SUT SE STADIGE REGISTRASIEPROSES](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-333-150x150.jpg)
Gefrustreerde studente wat gister probeer het om by die Sentrale Universiteit
van Tegnologie in Bloemfontein te registreer, sal vandag moet terugkeer weens die stadige registrasieproses.
Hulle sê sommige studente moes weens tegniese probleme met die registrasie huis toe gaan.
Sommige het gekla dat hulle ver gereis het en nie verblyf het nie, en ook nie geld het om terug te kom nie.
Die sentrale universiteitsbestuur het intussen gesê dat hoewel die nasionale
studentehulpfondsskema nie klasgelde vir eerstejaars betaal nie, studente aanvaar word wat deur die skema goedgekeur is.
The post STUDENTE WOEDEND OOR SUT SE STADIGE REGISTRASIEPROSES appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.