![ANC VEROORDEEL MAIMANE SE BESOEK AAN ISRAEL](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-329-150x150.jpg)
Die ANC het ‘n besoek van die DA-leier, Mmusi Maimane, aan Israel
veroordeel en sê dié party ondermyn en saboteer Suid-Afrika se aansien in die internasionale gemeenskap.
ANC-woordvoerder Zizi Kodwa sê die DA se optrede is strydig met die wêreldbeweging om Israel te isoleer omdat dié land voortgaan om menseregte te misbruik en te ondermyn.
DA-woordvoerder Phumzile van Damme het bevestig dat Maimane in Israel is om eerstehands kennis op te doen oor die stand van sake tussen Israel en die Palestyne en om te kyk hoe Suid-Afrika ’n meer opbouende rol kan speel om die strydende partye byeen te bring vir vrede.
Die ANC se aanval kom kort nadat dit ook uitgevaar het teen die burgemeester van die Tshwane-metroraad, Solly Msimanga, se onlangse besoek aan Taiwan.
The post ANC VEROORDEEL MAIMANE SE BESOEK AAN ISRAEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.