Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

LUR MAG WELKOM SKOOL NIE DWING OM LEERLING TE AANVAAR

$
0
0

Die Vrystaatse hooggeregshof het die Vrystaatse LUR vir onderwys se besluit om die Laerskool St. Helena in Welkom te verplig om ’n vyfjarige seuntjie in dié laat stadium van die jaar in die skool toe te laat, tersyde gestel.

Regter Paul Zietsman het gelas dat die LUR die saak volgens die toepaslike wetgewing moet hanteer sou die pa van die kind weer na die LUR appelleer teen die skool se weiering om sy kind te aanvaar.

Hy het ook gelas dat die LUR die regskoste van die skool en sy beheerraad moet betaal.

Die LUR het op 27 Mei vanjaar ’n brief aan die beheerraad van die Laerskool St. Helena geskryf waarin hy teen sy eie departement se voorskrifte, asook die toelatingsvereistes van die skool, die beheerraad verplig om die seuntjie vanaf die derde kwartaal as ’n leerling in die skool te registreer.

Die skool en die beheerraad het hulle tot die hooggeregshof gewend en ’n ooreenkoms is tussen die partye bereik, hangende dié beslissing wat pas deur regter Zietsman gegee is.

The post LUR MAG WELKOM SKOOL NIE DWING OM LEERLING TE AANVAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!