Die president van Agri SA, Johannes Möller, sê daar is baie beter maniere om grondbesit te hervorm as onteiening.
Hy het kommentaar gelewer op president Jacob Zuma se stelling gister dat die regering vanjaar gaan begin om grond te onteien, en gesê hoe onteiening grondhervorming gaan bespoedig, gaan sy verstand te bowe.
Möller sê 5% van landbougrond is elke jaar in die mark beskikbaar en dat dit baie makliker sal wees om deur die markproses grond vir hervorming te verkry.
The post “DAAR IS BETER MANIERE OM GRONDBESIT TE HERVORM” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.