![5 IN HOF VIR POLISIEMAN SE MOORD](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_2-30-150x150.jpg)
‘n Tienerseun, twee mans en twee vroue sal na verwagting vandag in die Atlantis-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n polisiebeampte van Malmesbury, adjudank-offisier Dion Dumas.
Die 57-jarige Dumas het op Oukersdag vermis geraak en sy liggaam is verlede week aan die buitewyke van Atlantis aan die Weskus gevind.
Die saak is tot vandag uitgestel nadat die moordsaak verlede Donderdag in camera aangehoor is omdat ‘n minderjarige betrokke is.
The post 5 IN HOF VIR POLISIEMAN SE MOORD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.