Die Justice Project SA (JPSA) sê die vrylating op parool van die kwaito-sanger, Molemo “Jub Jub” Maarohanye en sy mede-beskuldigde, Themba Tshabalala, stuur ’n verkeerde boodskap oor padveiligheid uit.
Die twee is op parool vrygelaat nadat hulle net meer as vier jaar van ‘n agt jaar vonnis uitgedien het nadat hulle tydens ‘n straatren in Soweto vier kinders doodgery het.
Die voorsitter van JPSA, Howard Dembovsky, sê hoewel lang tronkstraf as ʼn afskrikmiddel vir sommige mense dien, sal die vlaag van dronkbestuur voortduur solank as wat besope bestuurders dink die kanse is skraal dat hulle gevang en skuldig bevind sal word.
The post PAROOL VIR MAAROHANYE STUUR “VERKEERDE BOODSKAP” UIT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.