Vulliseverwyderig in veral die noorde van Bloemfontein word volgens die Mangaung Metro-munisiplaiteit gekniehalter ná die afgelope week se reën in die stad.
Dit is volgens die metro se algemene hoof vir vullisdienste, Glory Twala, wat sê kontrakteurs wat verantwoordelik is vir die wegry van vullis, sukkel tans om by die noordelike vullisterrein in te kom.
Volgens Twala sit die subkontrakteurs se voertuie tans vas in die modder by die terrein.
Reën het die afgelope week verligiting gebring in die droogtegeteisterde stad waar waterbesparingsmaatreëls geld.
Die DA se Raadslid, Prof Fief van der Merwe, sê hy het die afgelope week agtergekom dat vullis in Dan Pienaar, Westdene en Heuwelsig en Waverley nie verwyder word nie.
Op navraag aan Twala het sy hom verduidelik dat die subkontrakteurs nie by die noordelike vullisterrein kan uitkom nie.
“Twala het onderneem om te verseker dat die vullis van vandag af verwyder sal word.”
Dit is nie seker wanneer die onderskeie gebied se vullis weggeneem sal word nie.
Van der Merwe het inwoners ook herinner dat vullis nie op openbare vakansiedae verwyder word nie.
“Vullissake moet eers die volgende week uitgesit word om te voorkom dat rommel in die strate gestrooi word, ” sê Van der Merwe.
The post ‘REËN BEMOEILIK VULLISVERYDERING’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.