‘n Veiligheidswag is doodgeskiet en nog een ernstig beseer in ’n gewapende rooftog naby Klerksdorp in Noordwes.
Hulle was gisteroggend besig om geld in ’n kitsbank buite ‘n winkel in die Jouberton-woongebied te laai toe rowers op hulle geskiet het.
Die uitvoerende hoof van Fidelity Security, Wahl Bartmann, sê die oorledene was die 36-jarige Michael Durant wat byna ses jaar lank vir die maatskappy gewerk het.
Die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag geld weggekom.
The post WAG DOODGESKIET TYDENS ROOFTOG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.