Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

MATRIEKUITSLAE: “SWAK PRESTASIE IS KOMMERWEKKEND”

$
0
0
MATRIEKUITSLAE: "SWAK PRESTASIE IS KOMMERWEKKEND"

Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa, sê die matriekuitslae is ’n getuigskrif vir die voortgesette suksesse van die regering se beleid om toegang, inklusiwiteit, regstelling, billikheid en gehalte in die onderwysstelsel te verseker.

Hy sê daar was merkbare verbeterings, veral in KwaZulu-Natal, wat saam met die Oos-Kaap en Limpopo byna 60% van al die kandidate wat die eksamen geskryf het, gehad het.

DA-woordvoerder Gavin Davis sê intussen die voortgesette swak prestasie van die groot landelike provinsies van die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal, is kommerwekkend.

Hy sê hulle is ver agter Mpumalanga, die Noord-Kaap, Noordwes, Gauteng, die Wes-Kaap en die Vrystaat.

Davis sê die swakste provinsies is ook dié waar die onderwysersvakbond, Sadou, op sy sterkste is, en indien die minister nie beslissend teen Sadou optree nie, sal dié provinsies aanhoudend swak presteer.

AfriForum het alle matrikulante wat hul skoolloopbaan suksesvol voltooi het, gelukgewens met dié prestasie en hul onderwysers bedank wat dit moontlik gemaak het.

Die adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Alana Bailey, sê egter in ‘n verklaring wanneer gekyk word na die aantal leerders wat in 2005 in graad een was en hulle matriekjaar in 2016 suksesvol voltooi het, is die werklike slaagsyfer minder as 50%.

Sy sê dit is ook onrusbarend dat die onbevredigende slaagsyfer behaal is ten spyte van omstrede punte-aanpassings.

The post MATRIEKUITSLAE: “SWAK PRESTASIE IS KOMMERWEKKEND” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!