
Meer as 300 motoriste is die vakansieseisoen vir verskeie verkeersoortredings, onder andere dronkbestuur in Limpopo in hegtenis geneem.
Die woordvoerder vir Limpopo se departement van vervoer, Joshua Kwapa, sê meer as 80 mense is reeds in dié tyd in ongelukke in die provinsie dood.
Hy sê in die lig van die verwagte verkeerstoename op paaie namate die vakansie einde se kant toe staan, sal sigbaarheid van verkeersbeamptes op Limpopo se paaie verhoog word.
The post MEER AS 300 MOTORISTE IN LIMPOPO GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.