
‘n Burger van Bangladesj gaan moontlik van die besit van kinderpornografie en die seksuele misbruik van ‘n minderjarige aangekla word nadat ’n naakfoto van ’n tienermeisie van Bloemfontein op sy selfoon ontdek is.
Die polisie het ook op ’n intieme video op die 33-jarige man se selfoon afgekom wat die 17-jarige skoolmeisie glo aan hom gestuur het.
Die man, wat van die Kaap afkomstig is, is in Bloemfontein in hegtenis geneem omdat hy na bewering onwettig in die land is.
The post BANGLADESJER VAS WEENS NAAKFOTO VAN TIENERMEISIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.