
Uit Australië word berig dat die polisie in dié land sewe vermeende terroriste in hegtenis geneem het in verband met ‘n terreurkomplot.
Die Australiese eerste-minister, Malcolm Turnbull, sê die sewe het beplan om tuisgemaakte ploftoestelle oor Kerstyd in die sentrale sakedeel van Melbourne te laat ontplof.
Hy sê dis een van die grootse terreur komplotte wat die afgelope paar jaar afgeweer is.
Krieket Australë het hom in die lig van die gefnuikte terreurkomplot in Melbourne daartoe verbind om voldoende sekuriteit vir spelers en ondersteuners te verskaf.
Polisie in die staat Victoria het vyf klopjagte op persele regoor Melborne uitgevoer.
Beslag is gelê op plofstof en wapens wat in die terreuraanvalle gebruik sou word.
The post AUSTRALIë: 7 VAS OOR TERREURKOMPLOT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.