
Die bankrot Westelike Provinsie Rugby-franchise het oorleef nadat likwidateurs ‘n ooreenkoms gesluit het om WP Rugby te verkoop aan ‘n volfiliaal van die Westelike Provinsie Rugby-unie.
Die koopprys is meer as twee keer die netto waarde.
Dit volg nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof Dinsdag ‘n finale likwidasiebevel vir die unie se sakevleuel toegestaan het.
Een van die groot aandeelhouers in WP Rugby met ‘n belang van net minder as 25%, Remgro, het volgens berigte oorbruggingsfinansiering verskaf om salarisse te betaal en kontrakte na te kom.
Die president van die WP-rugbyunie, Thelo Wakefield, sê ‘n kleiner borgskap-poel, stygende salarisse vir spelers en ‘n afswaai in kaartjieverkope het tot die unie se finansiële probleme gelei.
The post WP RUGBY IS VERKOOP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.