![POLISIE-OPERASIE IN JOZINI](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Valke-16-150x150.jpg)
Die hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, en die minister van Polisie, Nathi
Nhleko gaan ‘n polisie-operasie in en om Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal lei.
Die gebied gaan gebuk onder oorgrensmisdaad, insluitend kapings en motordiefstal.
Inwoners van die gebied sê daar is ‘n sindikaat wat voertuie steel en hulle na Swaziland en Mosambiek neem.
‘n Woordvoerder van Nhleko, Sandile Ngidi, sê ‘n multi-dissiplinêre taakspan is in die uMkhanyakude-gebied ontplooi.
The post POLISIE-OPERASIE IN JOZINI appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.