![PHIYEGA KRY VERSLAG OOR HAAR GESKIKTHEID VIR POS](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-260-150x150.jpg)
Die raad wat ondersoek ingestel het na die geskiktheid van Riah Phiyega om
die pos van nasionale polisiekommissaris te beklee, het die verslag aan Phiyega oorhandig.
Die presidensie sê volgens wetgewing moet die raad die verslag aan die president, die kommissaris en aan die parlement voorlê.
Die president is nog besig om die verslag te oorweeg.
Die presidensie sê reëlings word getref om die verslag aan die parlement voor te lê.
Phiyega is ook versoek om bykomende skriftelike voorleggings te maak wat die president kan bystaan wanneer hy die aanbevelings van die raad oorweeg.
The post PHIYEGA KRY VERSLAG OOR HAAR GESKIKTHEID VIR POS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.