![JOHN HARTY WEN LASTERSAAK TEEN SATAWU](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-259-150x150.jpg)
Die afgetrede SAL-vlieënier, John Harty, sê hy is verlig dat hy ‘n lastersaak
teen die vervoer-vakbond, Satawu, gewen het en wil nou net aangaan met sy lewe.
Harty, ‘n voormalige voorsitter van die SAL se Vlieëniersvereniging, het gereageer nadat die Johannesburgse Hooggeregshof ‘n verstekvonnis in sy guns uitgereik het en skadevergoeding van ‘n halfmiljoen rand aan hom toegeken het.
Harty is ‘n jaar gelede deur die Valke ondervra na bewerings dat hy en ander blanke SAL-vlieëniers sou saamspan om ‘n vliegtuig met ‘n swart loods te laat neerstort.
Die vakbond het begin om die bewerings te maak kort nadat ‘n mosie van wantroue deur 457 van SAL se 472 vlieëniers teen die lugdiens se voorsitter, Dudu Myeni, uitgebring is.
The post JOHN HARTY WEN LASTERSAAK TEEN SATAWU appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.