![14 TURKSE SOLDATE STERF IN GEVEGTE TEEN IS](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-258-150x150.jpg)
Veertien Turkse soldate is dood in hewige gevegte teen militantes van die Islamitiese Staat in Sirië.
Volgens die Turkse weermag is meer as 30 soldate ook gewond.
Turkye help anti-regeringsrebelle om die dorp, al-Bab, sowat 20 kilometer van die Turkse grens, te herower.
Dit is die Turkse weermag se grootste verlies sedert die land in Augustus met militêre operasies in Sirië begin het.
The post 14 TURKSE SOLDATE STERF IN GEVEGTE TEEN IS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.