
Die DA het ‘n amptelike skrywe aan die minister van finansies, Pravin Gordhan, gerig om in te gryp by die agt Vrystaatse munisipaliteite wat gesamentlik 750 miljoen rand in agterstallige betalings aan Eskom skuld.
Die agt Vrystaatse munisipaliteite wat vroeër kennisgewings van Eskom gekry het dat hulle kragtoevoer vroeg in 2017 deurlopend ontkoppel gaan word, teen einde November net ’n gesamentlike bedrag van 34,5 miljoen rand vir die maand betaal het.
“Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Des van Rooyen het nog nie ’ n beleid geformuleer om volhoubare oplossings te kry vir dié munisipaliteite se probleme nie”
Volgens Eskom het die uitstaande skulde gelei tot die kragverskaffer se afgradering deur die Standard and Poor-kredietgraderingsagentskap.
Netwerk24 berig daar is ooreengekom is op ’n gesamentlike maandelikse afbetaling van 183 miljoen rand om die skuld te delg.
David Ross, DA-LP, sê in ’n skrywe aan Gordhan die kennisgewings om krag te ontkoppel as daar nie teen 22 Desember betaal is nie, is ’n duidelike aanduiding dat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Des van Rooyen, nog nie ’ n beleid geformuleer het om volhoubare oplossings te kry vir dié munisipaliteite se probleme nie.
The post SKULD AAN ESKOM: DA VRA GORDHAN OM IN TE GRYP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.