
’n Tweede aansoek om borgtog van die Deense wapenhandelaar van Bloemfontein wat glo menslike weefsel van vroue in sy vrieskas in Langenhovenpark gehou het, is in die landdroshof in Bloemfontein afgewys.
Netwerk24 berig landdros Marlene Marais het bevind die 64-jarige Peter Frederiksen is ‘n vlugrisiko.
Hy het nog ’n uitstaande verhoor in Denemarke waar hy nie vir vonnisoplegging opgedaag het nie en daar is bewerings dat hy in Lesotho selfs ‘n regter omgekoop het om daar uit die moeilikheid te kom.
Frederiksen staan tereg op 59 aanklagte wat insluit die onwettige verwydering van menslike weefsel, die vervaardiging van kinderpornografie en dat hy met Motlasi Moqeti saamgesweer het om sy vrou, Tsili Molise, te vermoor.
Hy moet weer op 24 Februarie in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.
The post DEEN SE BORG WEER GEWEIER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.