
Twee sekuriteitswagte by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein is geskors nadat ’n vrouedokter se motor Donderdag helder oordag in die hospitaal se parkeerterrein gekaap is.
Die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê die wagte is voorlopig geskors terwyl ’n ondersoek aan die gang is omdat daar ‘n moontlikheid is dat die hulle met die misdadigers saamgewerk het.
Volgens Mvambi is almal betrokke verdagtes tot hulle uitgeskakel word. Die dokter se vriend was ten tyde van die voorval in die motor.
Volgens Mvambi het die departement die veiligheidsmaatreëls by die hospitaal opgeskerp en berading gereël vir die dokter wat die kaping gesien het toe sy uit die hospitaal gekom het en alarm gemaak het.
The post HOSPITAALWAGTE GESKORS NA KAPING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.