
Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê 2017 gaan polities en ekonomies ‘n moeilike jaar wees.
Gordhan het Numsa se nasionale kongres in Kaapstad toegespreek.
Hy sê hy voorsien heelwat onsekerheid en onstabiliteit wêreldwyd.
Hy het verwys na Donald Trump se oorwinning in die Amerikaanse verkiesing asook Brittanje se besluit om uit die Europese Unie te tree.
Gordhan sê lande wat tradisioneel twee hoof politieke partye het, gaan drastiese verandering ondergaan.
Hy sê dit is omdat gewone burgers genoeg gehad het van ongelykheid tussen ryk en arm, wantroue in politici toeneem en die feit dat mense nie die voordele van globalisering ervaar nie.
The post 2017 GAAN POLITIES EN EKONOMIES MOEILIK WEES appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.