
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister se dubbele bomontploffings in Istanboel warin 38 mense dood is, veroordeel en terselfdertyd ‘n beroep op Turkye gedoen om hom teen aanvalle op Israel uit te spreek.
Dié twee lande het in Junie vanjaar ooreengekom om betrekkinge tussen hulle te normaliseer.
Ingevolge die ooreenkoms het Israel se nuwe ambassadeur op 1 Desember in Ankara met sy werksaamhede begin, terwyl Turkye se gesant Saterdag in Israel aangekom het.
Die Turkse owerhede het intussen gesê Saterdag se aanvalle was die werk van Koerdiese militantes.
‘n Motorbomontploffing het ná ‘n wedstryd buite ‘n sokkerstadion in Istanboel plaasgevind en minder ‘n minuut later het ‘n selfmoordaanvaller homself in ‘n nabygeleë park in die lug geblaas.
Die meeste van die slagoffers was polisiebeamptes.
The post AANVAL IN INSTANBOEL ‘WERK VAN KOERDIESE MAGTE’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.