
Dit kan ‘n baie lang rit na die gesin se vakansie-bestemming wees as kinders vinnig verveeld raak.
Skaak-en Monopoly-borde vat baie plek, en selfoon-speletjies raak vinnig vervelig.
Gesoute ouers leer vinnig om speletjies uit te dink om die kinders te vermaak langs die pad.
Vir minder ervare ouers, oorweeg die speletjie “Wie is ek?”
Dit werk so:
- Jy kies enige iemand wat jy wil wees. (Kies aanvanklik iemand maklik, wat almal ken).
- Die ander moet raai wie jy is, MAAR jy kan net ja of nee antwoord. Die eerste vraag is gewoonlik: “is jy ‘n man of ‘n vrou?” Vandaar raak die vrae meer spesifiek, Die belangrike is dat jy netmag antwoord met ja of nee.
- Die speletjie werk ook lekker met Bybelfigure (soms is leidrade nodig).
Hier is nog ‘n paar speletjies wat jy kan oorweeg as die gesin op reis gaan:
The post SPELETJIES VIR WANNEER DIE PAD LANK RAAK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.