
‘n Bomontploffing tydens ‘n diens in die St Mark’s-katedraalkompleks van Ortodokse Christene in die Egiptiese hoofstad, Kaïro, het die lewens van minstens 25 mense geëis.
Amptenare sê meer as 30 mense is ook beseer.
Egipte se Christen-minderheid is dikwels die teiken van Islamitiese militantes en gister se aanval word as die ergste in jare bestempel.
Dit volg nadat ses polisiemanne Vrydag dood is in ‘n bomontploffing in die stad en ‘n groep wat vermoedelik met die Moslem-broederskap ‘n verbintenis het, aanspreeklikheid daarvoor aanvaar het.

Amptenare stel ondersoek in na die aanval op die St Mark’s-katedraalkompleks waarin 25 mense dood is.
The post AANVAL TYDENS CHRISTEN-DIENS EIS 25 LEWENS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.