
Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het skerp kritiek uitgespreek teenoor diegene wat president Jacob Zuma gevra het om as President van die land te bedank en sê hulle moet eerder self bedank.
Magashule word geag as deel van die sogenaamde Premiersliga wat Zuma se posisie binne die ANC versterk.
Hy het op Bethlehem in die Oos-Vrystaat gesê dit is duidelik dat dié mense nie met Zuma wil saamwerk nie.
Volgens die Vrystaatse premier is Zuma die president van die land totdat sy termyn verstryk.
Magashule sê dié wat die President se kop eis, is misdadigers wat nie die vooruitgang waardeer wat deur die Zuma-regering gemaak is nie.
Onlangs het ‘n paar lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ook begin sê Zuma behoort te bedank.
The post ACE VAAR UIT TEEN ZUMA KRITICI appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.