
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole sê die departement van Basiese Onderwys se besluit dat leerlinge wat met wiskunde sukkel voortaan makliker deurgesit gaan word na ’n volgende graad, gaan die krisis in wiskunde-onderrig in Suid-Afrika net vererger.
Die voorsitter van Fedsas, Paul Colditz, sê daar moet meer en beter wiskunde- en wetenskaponderwysers opgelei word.
Colditz sê die enigste manier om leerlinge se probleme met dié vakke op te los, is om hulle beter opleiding te gee.
Die woordvoerder van die departement, Elijah Mhlanga, sê intussen die verlaging van die slaagsyfer tot 20-persent vir wiskunde is ’n tussentydse reëling net vir vanjaar.
The post VERLAGING VAN SLAAGSYFER ‘VERERGER KRISIS’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.