
Die kaptein van die Cheetahs en Springboksenter, Francois Venter, ondergaan vandag ‘n enkeloperasie in Johannesburg.
Hy sal minstens drie maande lank buite aksie wees.
Dit beteken dat die span hul eerste drie of vier Superrugbyreeks-wedstryde met ’n nuwe kaptein sal moet aanpak.
Die Cheetahs gaan ook twee opwarmingswedstryde voor die begin van die Superreeks speel — op 28 Januarie teen die Stormers in Harare en op 3 Februarie teen die Haaie in Durban.
Venter het sy enkel beseer gedurende die afgelope Curriebeker-seisoen, wat vererger het tydens dieSprinbokke se toer na Europa die afgelope maand.
Hier is van Francois Venter se loopbaan-hoogtepunte:
The post FRANCOIS VENTER VANDAG GEOPEREER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.